https://mcp.146-148-97-92.sslip.io/mcp
ChatGPT
- Maak ChatGPT op 'n rekenaar oop. Kliek op jou naam → Settings → Apps & Connectors (of Connectors).
- Eie connectors is 'n gevorderde funksie: skakel Developer mode aan onder Advanced settings as jy die knoppie hieronder nie sien nie. Werkrekeninge se administrateur moet dit dalk eers toelaat.
- Kliek Create. Naam: Kudu FM. Adres: plak https://mcp.146-148-97-92.sslip.io/mcp. By Authentication kies OAuth — daar is niks om te plak of 'n sleutel te soek nie.
- Kliek Create, dan Connect. 'n Kudu FM-bladsy gaan oop: tik jou My Liedjies e-pos en wagwoord in en kliek Verbind.
- Klaar. Kies Kudu FM in 'n geselsie en vra weg.
Claude
- By claude.ai: Settings → Connectors → Add custom connector.
- Naam: Kudu FM. Plak https://mcp.146-148-97-92.sslip.io/mcp → Add → Connect, en meld op dieselfde Kudu FM-bladsy aan.
ChatGPT en Claude verander gereeld hul instellingskerms. Wat bly: voeg 'n custom connector by, plak die adres, kies OAuth, meld by Kudu FM aan. Vra 'n toepassing jou vir 'n sleutel of token, is jy op die verkeerde skerm.
Begin met hierdie sin
Plak dit in die geselsie sodra Kudu FM gekoppel is — die res volg vanself.
Ek is 'n kunstenaar op Kudu FM. Wys my hoe my liedjies doen — spele en harte — en watter in rotasie is. Daarna wil ek weet hoe ek 'n nuwe liedjie oplaai en my profiel wysig.
En daarna, byvoorbeeld
- Ek het 'n nuwe liedjie — dit heet Wikkelwurm, dis Afrikaans.
- Verander my tagline na Kaalvoet en luid en sit my Spotify-skakel in.
- Ek wil 'n nuwe profielfoto oplaai.
- Hoeveel harte het Laat Los, en wie het dit laas regstreeks gespeel?
- Haal Laat Los uit rotasie en sit Wikkelwurm in.
- Is daar iets van my nog in keuring?
Wat dit kan doen
'n Nuwe liedjie oplaai (dit vra die titel, die taal en die genre, en gee jou dan 'n skakel waar jy net die lêer kies), jou profiel en skakels wysig, 'n nuwe profielfoto oplaai, sien hoe elke liedjie doen — spele en harte — kies wat in jou 10 rotasie-slotte staan, en vra dat 'n liedjie van die lug af kom. Vir alles anders — 'n collab, 'n ISRC, 'n liedjie se woorde later byvoeg — is My Liedjies steeds die plek.
Wat dit nie doen nie
Dit sien net jou eie liedjies, nooit ander kunstenaars s'n nie. Dit keur niks self goed nie — 'n liedjie of profielwysiging gaan steeds vir keuring, soos altyd — en dit haal nie self 'n liedjie van die lug af nie; dit vra, en 'n mens by Kudu FM handel dit af. Hoogstens 20 liedjies kan gelyk op keuring wag.
Nog nie 'n rekening nie? Skep dit eers by kudu.fm/my-liedjies.html en bevestig jou e-pos. Sonder dit kan jy nie koppel nie.
Wil jy ontkoppel? Haal die connector uit ChatGPT of Claude uit. Wil jy heeltemal seker wees, verander jou wagwoord by My Liedjies — dit sluit elke koppeling dadelik af.